die plaaslike mark vir alkoholiese drank het drie keer kort nĂĄ mekaar slae gekry â onder meer omdat die regering se reaksie op die koronaviruspandemie onbeholpe was. Die bedryf het miljarde rande se verkope verloor, en duisende werkers se bestaan word bedreig.
âDie waarde van verkope wat die hele bedryf weens die eerste en tweede verbod verloor het, bedra sowat R25 miljard,â sĂȘ Kurt Moore, uitvoerende hoof van die South African Liqour Brands Owners Association, aan finweek. âNet meer as die helfte daarvan is vir bier (R14 miljard), gevolg deurdrinkgereeddrankies (R4,4 miljard), wyn (R3,5 miljard) en spiritualieĂ« (R3,4 miljard).â
Distell alleen, die land se tweede grootste genoteerde drankprodusent, het gedurende die verbod R4,3 miljard se verkope verloor, of volume van sowat 100 miljoen liter, volgens Richard Rushton, uitvoerende hoof vanâŠ