tharisa, wat in Londen en Johannesburg genoteer is, is ’n maatskappy wat beleggers maklik miskyk, meen ’n Britse makelaarsfirma wat reken die Suid-Afrikaanse maatskappy se blootstelling aan die chroommark, asook sy platinumgroepmetale (PGM’e), plaas hom goed om oor die volgende twee jaar ’n styging in waarde te ervaar.
Peter Mallin-Jones enTim Huff, ontleders vir die beleggingsbank Peel Hunt, sê Tharisa moet nog die voordeel van ’n volle jaar se PGM-pryse wys, sou die huidige hoë prysvlakke van veral palladium en rodium voortduur. Hou in gedagte dat die mandjieprys virTharisa se PGM-mengsel van $900 per ons vroeg in 2018 tot vandag se $2 300 per ons gestyg het.
Trouens, Tharisa se toekomstige PGMbydrae tot inkomste kan die totale inkomstesyfer van chroom en PGM’e van onlangse jare ewenaar. Dit gee ’n mens…
