terwyl die lewering van onderwysdienste wêreldwyd ernstig deur die pandemie ontwrig is, het genoteerde onderwysmaatskappye ’n mate van veerkragtigheid getoon en het hul inskrywings robuus gebly. Hul vermoë om inskrywingsgelde te verhoog en inkomste uit bykomende dienste te verdien, is egter geknou.
Die groeiende behoefte aan private onderwys, terwyl dienslewering in die openbare sektor in duie stort, die min plekke wat openbare instellings beskikbaar het en die toename in aanlyn onderwys danksy die pandemie, bly faktore wat groei in dié sektor aanvuur. In die jaar tot einde Desember, wat nege maande se grendeltyd insluit, het die genoteerde onderwysmaatskappye ADvTECH, Curro en Stadio relatief goed gevaar, maar beleggers hou nog effens terug weens onsekerheid oor verdere vlae van die pandemie en toenemende bekostigbaarheidskwessies weens die trae ekonomie.
Resultate
aDvTECH, wat private…
