in 2020 het die algehele waarde van landbou-uitvoere met ongeveer 18% tot R169,2 miljard teenoor 2019 se R143,2 miljard gestyg. Syfers van die Internasionale Handelsentrum (ITC) dui boonop daarop dat die waarde van Suid-Afrika se landbou-invoere van R95 miljard in 2019 slegs tot R97,9 miljard in 2020 gestyg het – ’n geringe toename van 2,9%. Dus was die sektor se positiewe handelsbalans van R71,3 miljard in 2020 ’n allemintige 47,9% hoër as 2019 se R48,2 miljard.
In 2020 was die top-10-bestemmings vir SA se landbou-uitvoere Nederland, Brittanje, Botswana, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe, China, Amerika, Lesotho en die Verenigde Arabiese Emirate.
Sitrus
Die sitrusbedryf het in 2020 volumes van sowat 15% meer uitgevoer, naamlik 146 miljoen kartonne (15 kg elk) teenoor126,6 miljoen kartonne in 2019. Uitvoer sal na verwagting vanjaar tot 160…
