LIEFDE OP DIE STEL
Charles het deesdae net oë vir sy Riverdale-mede ster Camila Mendes (24). Hulle is sedert 2018 saam en koer alte lekker in die sosiale media. Hy skryf selfs romantiese briewe aan haar.
MNR. ROMANTIES
Charles (28) speel Daniel, ’n romantikus wat op ’n meisie, Natasha (gespeel deur die 19-jarige Grown-ish-ster Yara Shahidi), verlief raak in die nuwe fliek The Sun Is Also a Star. Toe sy en haar Jamaikaanse gesin deur deportasie in die gesig gestaar word, doen hy sy bes om haar in Amerika te hou.
GROOT-WORDJARE
Hy is nes sy karakter, Daniel, die seun van ’n immigrant. Sy ma, Sukyong, van Suid-Korea, het na Amerika verhuis nadat sy en sy pa, Phil, ’n Amerikaner, mekaar in 1990 ontmoet het. Charles is in Alaska gebore…
