GROOTMAAT-BOLOGNESESOUS
LEWER 3,5 KG BOLOGNESE-SOUSBEREIDING: 20 MIN.GAARMAAK: 2 UUR
◗ 125 ml (½ k) olie◗ 6 uie, gekap◗ 3 knoffelhuisies, gekneus◗ 3 groen soetrissies, ontpit en in klein stukkies gesny (opsioneel)◗ 6 selderystele, in stukkies gesny◗ 3 kg beesmaalvleis◗ 300 g spinasie, ontstingel en fyngekap (opsioneel)◗ 2 middelslageiervrugte, geskil en in klein blokkies gesny◗ 4 x 400 g-blikke gekapte tamaties of 1,5 kg vars pruimtamaties, ontvel◗ 6 x 50 g-sakkies tamatiepasta◗ 60 ml (¼ k) basilie, gekap◗ 125 ml (½ k) pietersielie, gekap◗ 7,5 ml (1½ t) vars roosmarynblare, gekap (opsioneel)◗ 7,5 ml (1½ t) vars origanum, gekap (opsioneel)◗ 20-45 ml (4-9 t) suiker sout en vars gemaalde swartpeper◗ 375 ml (1½ k) rooiwyn
1 Verhit die olie en roerbraai die uie, knoffel, soetrissies, indien gebruik, en seldery in ’n…
