IER is hulle: die 16 jong vroue wat vanjaar meeding om die Mej. Suid-Afrika-kroon – asook die leeueaandeel van pryse ter waarde van ’n allemintige R3 miljoen, ’n rekord in die wedstryd se geskiedenis.
Die wenner, wat op 9 Augustus by die Sun Arena by Time Square in Pretoria aangekondig sal word, ontvang onder meer R1 miljoen kontant en die naaswenner R250 000. Die res van die top-16 sal elk R25 000 huis toe vat.
BEULAH BADUZA (23), HATFIELD, PRETORIA
Sy studeer LL.B. aan die Universiteit van Pretoria en hou van oefen, sing, reis, fietsry, Netflix kyk en lees. Sy sou graag haar ma, Naomi Campbell, Michelle Obama, Beyoncé, Winnie Madikizela-Mandela en Serena Williams vir ete nooi.
CHUMA MATSALUKA (21), NYANGA, KAAPSTAD
Sy is in haar derde B.A.-jaar aan die…
