Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
MAAGD
23 AUG – 22 SEP
Jou planeet, Mercurius, begin vorentoe beweeg, wat voordelige gevolge kan hê. Pleks daarvan dat veranderde programme, meganiese onklaarhede of chaotiese administrasie jou werkvloei beïnvloed, kan jy na ’n week van doeltreffendheid uitsien. Laer stresvlakke en minder bekommernisse behoort tot opgewektheid te lei. Jy het ook meer vrye tyd met dié dat misverstande wat dubbele probleme veroorsaak nou uitgeskakel is.
GELUKKIGE NOMMERS 5, 39, 25, 16, 51, 29
WEEGSKAAL
23 SEP – 22 OKT
Mercurius, die heerser van handel, maak ten goede ’n draai in jou loopbaanhoroskoop. Mits jy nie toelaat dat jou neiging om uit te stel jou kans ondermyn nie, kan dit sake bespoedig wat jou beroepslewe betref. Jy kan dalk bemarkingsfoefies maklik regkry en…
