Wat om te verwag
Die album val oorwegend in die elektroniesepopdansstyl, met invloede van progressive house-musiek wat plek-plek deurskemer.
Valeska (35) het die 15 Afrikaanse en drie Engelse snitte saam met Bigg T en Sean Butler geskryf.
“Die lirieke gaan oor verskillende temas, soos hartseer, trauma, liefde, aanvaarding en hoop,” vertel sy. “Elke snit is soos ’n segment uit ’n fliek benader. Party het aksie, ander sal jou laat lag of dans, en daar is ’n paar wat jou kan laat huil.”
Omdat die liedjies so uiteenlopend is en verskillende emosies uitbeeld, glo sy almal “tussen 18 en 50 jaar oud” sal iets kry waarby hulle kan aanklank vind.
Grootwordjare
Aangesien Valeska se pa, Dirk, in die diplomatieke diens gewerk het, het die gesin tydens haar skooljare ses maande van…
