KASSIE-BROERS
Finn se ouer broer, Nick Wolfhard (21), hou ook sy lyf akteur en is te sien in die nuwe wetenskapsfiksiereeks The InBetween. Hul ma, Mary Jolivet, is ’n kunstenaar, en hul pa, Eric, ’n draaiboekskrywer.
SY PAD NA ROEM
Hoewel dié boorling van Vancouver, Kanada, al in 2013 sy debuut op die silwerskerm gemaak het in die sterbelaaide dramafliek Aftermath teenoor Keira Knightley, het hy eers in 2016 roem verwerf as Mike Wheeler in die eerste seisoen van die Netflix-trefferreeks Stranger Things.
DEEL TWEE
Finn (16) het in 2017 sy verskyning gemaak as Richie Tozier in die gruwelfliek It, wat gegrond is op die gruwelkoning Stephen King se boek van 1986. In die opvolgfliek, wat op 6 September hier begin, speel die Amerikaanse komediant Bill Hader (41) die ouer…
