Dié 14-jarige aktrise vertolk die hoofrol as die heldin Lyra Belacqua in die nuwe HBO-trefferreeks His Dark Materials, wat as die nuwe Game of Thrones gereken word.
Die aktrise, wat in Madrid, Spanje, woon, het in 2014 haar TV-debuut gemaak in die televisiereeks The Refugees teenoor haar Britse akteur-pa, Will Keen (49). Haar ma is die Spaanse aktrise María Fernández Ache (50).
Die jong Dafne het in 2017 in haar eerste fliek, Logan, gespeel as die
Wolverine (Hugh Jackman, 51) se mutante-dogter Laura, oftewel X-23. Dié twee het saam ’n MTV Movie & TV-prys vir beste duo gewen. Vanjaar het sy ook die Britse Empire-prys vir beste nuwe aktrise ontvang.
Nadat sy die rol as Lyra gekry het, moes sy die boektrilogie deur die Britse skrywer Philip Pullman, waarop die…
