ELKE HOND KRY SY DAG
Deur KIMBERLIE HAMILTON (Lapa in samewerking met Scholastic Ltd, Londen, R200)
Dapper honde, slim honde, beroemdes, bomsnuffelaars, ruimte- en fliekhonde, woestynoorlewendes – noem maar op, hier is bladsye en bladsye vol ware verhale van honde wat baie spesiaal was.
Daar is Megan wat in haar loopbaan van sewe jaar op Gatwick-lughawe in Engeland 100 vondste gemaak het. Die spanjoel het onder meer 220 kg kokaïen uitgesnuffel wat meer as R550 miljoen werd was.
In die 1993-bomontploffings in Moembai, Indië, het die labrador Zanjeer duisende mense se lewe gered deur onontplofte plofstowwe op te spoor.
Titina die foksterriër het saam met haar baas, die ontdekkingsreisiger Umberto Nobile, in sy lugskip oor die Noordpool gereis.
’n Australiese beeshond, Max, was al doof en halfblind toe hy ’n…
