ONTBYTBURGERS
LEWER 8 BURGERS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 20 MIN.
VLEISKOEKIES
◗ 1 steel seldery, gesny◗ 3 hoenderborsfilette, in blokke gesny◗ 1 groot patat, geskil en gerasper◗ ½ ui, geskil en gerasper◗ 125 ml (½ k) hawermout◗ 1 x 410 g-blik pitmielies, goed gedreineer◗ 2,5 ml (½ t) sout◗ olyfolie, vir braai
BURGERS
◗ 8 Engelse muffins, oopgesny◗ 30 ml (2 e) mayonnaise◗ 150 g kaas, in skyfies gesny◗ 1-2 tamaties, in skyfies gesny (opsioneel)
1 Vleiskoekies Plaas die seldery en hoender in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyngemaal. Skep in ’n mengbak en voeg die res van die bestanddele by. Meng goed.2 Verdeel die mengsel in 8 gelyke dele en vorm in vleiskoekies. Pak op ’n bord, bedek en verkoel minstens 30 min.3 Verhit die olie…
