Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
WATERDRAER
21 JAN – 18 FEB
Venus, die planeet van aantrekking, beweeg dié week jou geldhoroskoop binne en baan die weg vir maniere en geleenthede om jou geldsake ’n hupstoot te gee. Al is jy as ’n Waterdraer nie besonder materialisties nie, koop geld steeds toestelle en ander items. Jy ontmoet mense met finansiële kennis of trek geldmaakgeleenthede en voordelige ooreenkomste aan. Maar onontbeerlike items kan jou jou sak laat skud.
GELUKKIGE NOMMERS 39, 17, 1, 50, 14, 31
VISSE
19 FEB – 20 MRT
Die liefdesgodin, Venus, beweeg dié week jou teken binne. Daar lê dalk vir jou ’n tyd van romantiese bekoring en verwondering voor waarin jou voete onder jou uitgeslaan word en jy in die sewende hemel is. Maar…
