NOG FOLTERING
Die kykNET-reeks se tweede seisoen het met ’n knal geëindig toe Maggie (Lee-Ann van Rooi) haar witbroodjie, die talentvolle jong danser Kelvin (Conway October), per ongeluk doodskiet.
Nou, twee jaar later, keer Maggie en kie terug vir die derde aflewering van dié boeiende dramareeks, en selfs meer geheime sal ontbloot word.
Die nuwe seisoen begin ná Kelvin se verskriklike skietdood.
“Terwyl almal in skok is en besig is om te rou, beplan Maggie natuurlik hoe sy kan ontsnap,” sê Tarryn Josephs, ’n publisiteitsbestuurder van Penguin Films wat die reeks vervaardig. “Of sy sal wegkom, is ’n ope vraag.
“As kykers gedink het die eerste en tweede seisoen was vol drama, dan moet hulle seisoen drié sien!”
Maggie se ma, Sara (June van Merch), het kort voor Kelvin se…