STERK TAMATIES-EN-STEURGARNALE
GENOEG VIR 4 MENSE AS ’N MAALTYD OF 6 AS BYKOS
BEREIDING: 10 MIN.
GAARMAAK: 25-30 MIN.
◗ 30 ml (2 e) olyfolie◗ 2 uie, gekap◗ 4 knoffelhuisies, gekap◗ 5 cm-stuk vars gemmer, gerasper◗ 2 rooi brandrissies, gekap◗ 1 kg steurgarnale, die derms uitgehaal◗ 5 ml (1 t) tamatiepasta◗ 250 g kersietamaties sap van 1 lemmetjie◗ 15 ml (1 e) sojasous◗ 5 ml (1 t) bruinsuiker◗ ’n hand vol vars koljanderblare
1 Verhit die olie in ’n groot, diep pan en braai die uie tot bruin. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissies by en roerbraai tot geurig.2 Skep die steurgarnale in die pan en roerbraai tot helderkleurig en gaar.3 Roer die tamatiepasta, tamaties, lemmetjiesap, sojasous en bruinsuiker by. Roerbraai tot die tamaties bars. Roer die koljanderblare by en sit…
