Die krag in weerloosheid
Lucinda, wat bekend is as die hoofsanger van die musiekgroep Die Melktert Kommissie, se eerste solosnit, “Weerloos”, is ’n kontemporêre rockballade met ’n sielkundige ondertoon wat beskryf hoe ’n weerlose proses dit is om iemand anders toe te laat om dieper te delf in wie jy is. “Dit geld in alle verhoudings: met ’n geliefde, met jouself of met jou naaste,” vertel Lucinda (34).
Die musikant Bouwer Bosch het vir haar die musiek in April gestuur en gevra of sy dit wil gebruik, waarna sy die lirieke geskryf het. Ek is weerloos, maar ek is nie hopeloos nie, sing sy onder meer.
“As jy weerloos is, beteken dit eintlik jy is sterk aangesien jy dan in voeling met jou eie menswees is,” verduidelik sy.
Die musiekvideo…
