BOOGSKUTTER
22 NOV – 20 DES
Verwag vandeesweek iets buitengewoons wat jou geldsake betref, hetsy ’n meevaller oor jou pad kom, jy nuus oor ’n lening kry of jy skuld het wat by jou kom spook. Maar gelukkig is jy van nature ’n positiewe mens, en met jou ingesteldheid sal jy waarskynlik die glas halfvol pleks van halfleeg sien. Jou aptyt om risiko’s te neem is hierdie week aangewakker, maar dit lyk of jy oor jou planne stilbly, wat dalk nie ’n slegte idee is nie.
GELUKKIGE NOMMERS 19, 37, 26, 44, 1, 27
STEENBOK
21 DES – 20 JAN
Die kombinasie van Jupiter en Pluto wat jou teken betree, sluit aan by ’n tema wat in April vanjaar begin het. As jy kan nadink oor wat sedertdien aan die…
