STEENBOK
21 DES – 20 JAN
’n Nuwe bedeling by die werk is miskien nie na jou wense nie, maar dis waarskynlik die beste wat jy tans gaan kry. Wat dit ook al behels, jy sal waarskynlik groter sekuriteit geniet, indien nie noodwendig meer geld nie. Sodra jou fokus nie meer deur hierdie werkverwante kwessie opgeëis word nie, sal jy die vreugde herontdek van tyd saam met goeie vriende deurbring en hul geselskap geniet.
GELUKKIGE NOMMERS 24, 48, 42, 39, 41, 50
WATERDRAER
21 JAN – 18 FEB
Dit wil voorkom asof ’n familiekwessie hierdie week eindelik opgelos kan word ná maande se heen en weer, al is dit nie die ideale oplossing nie. Wat nou saak maak, is ’n onderhandelde reëling. Met die son wat in jou vriendskapteken inbeweeg,…
