TOE daar ná ’n naelbytstryd eindelik ’n uitslag in die Amerikaanse presidentsverkiesing kom, het die aangewese president, Joe Biden, in Delaware die verhoog betree om sy ondersteuners te bedank. Langs hom was sy familie, oftewel die “Biden clan”, soos hy hulle noem: sy vrou, Jill (69), en sy seun Hunter (50) met die president se sewe maande oue kleinkind, Beau, in sy arms. Langs Hunter was ’n blonde vrou, uitgevat in ’n kanariegeel uitrusting – met haar oë wat bo ’n masker glimlag: die 34-jarige Melissa Cohen, Hunter se vrou van die afgelope jaar.
Dat sy deel is van die hegte familie, kon ’n mens duidelik sien. Maar wat dié verskyning nie kon verklap nie, is dat Melissa eg Suid-Afrikaans is, soos sonskyn, braaivleis en biltong.
Ja, Suid-Afrika het nou…