LIRA, MIRRE, CORALI Deur CHANETTE PAUL (Lapa, R315* elk)
Ná so ’n katastrofiese jaar moet ’n mens net kan ontspan en in ’n storie wegraak. Vergeet pandemies en inperkings, misdaad, korrupsie en al die politiekery hier en elders,” verduidelik Chanette Paul waarom ’n mens met haar trilogie kan gaan vakansie hou. “Ek dink Lira, Mirre en Corali – die Vywervroue – bied daardie ontvlugting vir die leser, vat haar na ’n plek waar die werklikheid vervaag, en die storiewêreld haar meesleur. Lees is immers ’n vakansie op sigself.”
Al drie boeke was in die eerste 27 weke van 2020 onder die 20 beste verkopers in Afrikaans, met Corali heel boaan die lys.
Chanette kies moeilik haar gunstelingkarakters in die trilogie.
Ek is vir al die hoofkarakters so lief soos ’n…