SKAAKMAT!
Dié Amerikaanse dramareeks is ’n wegholtreffer sedert dit onlangs op Neflix uitgereik is. The Queen’s Gambit, wat op Walter Tevis se gelyknamige boek van 1983 gegrond is, gaan oor Beth Harmon wat op nege ’n weeskind word toe haar ma sterf. In die weeshuis leer die opsigter, Mr. Shaibel (Bill Camp), haar skaak speel en sy ontpop dan in die 1960’s as ’n bobaasskaakspeler in Amerika wat op die hoogste vlak van dié spel meeding. Die aktrise Anya Taylor-Joy (24), wat bekend is vir onder meer haar titelrol in vanjaar se fliekweergawe van Jane Austen se boek Emma, skitter in die hoofrol as Beth, wat haar in die sewe episodes tussen ’n see van mans in die skaakwêreld bevind. Die reeks se skepper, Scott Frank, het vir Anya die boek gestuur, en…