KRISMISBOKS
Piet: “Koos, wat het jy vir Kersfees gekry?”
Koos: “Sien jy daardie splinternuwe rooi Ferrari wat daar buite staan?”
Piet, verras: “Sjoe!”
Koos: “Nou ja, ek het presies dieselfde kleur das gekry.”
L. SAAYMAN, SABIE
NUWE VOORKOMS
V: Waarom het Kersvader besluit om nie vanjaar sy rooi baadjie te dra nie?
A: Hy was bang die mense dink hy is van die EFF wanneer hy by hul huis opdaag! ELSJE MARAIS
OOGTOETS
Japie gaan oogarts toe, en met die eerste toets vra hy: “Wat sien jy, Japie?”
“Ek sien leë skole, kerke, winkelsentrums …”
“My genade,” sê hy, “jou sig is 2020!” LYNETTE, BETHAL
SEEVAKANSIE
Almal gaan see toe. Dis weer net Bettiesbaai, Hentiesbaai, Gansbaai en Watsebaai
En al baai vir my, is “stêndbaai” by die werk! DENISE, PRETORIA…