1 Immuniteitsversterkers
Die covid-19-pandemie het die reeds groeiende belangstelling in kosse wat die immuunstelsel versterk verder laat toeneem. Verbruikers gebruik meer aanvullings en eet kosse wat ryk is aan sink (soos boontjies, rooivleis, pluimvee en neute), seleen (eiers, kalkoen, vis, Brasi liaanse neute, vark- en beesvleis), vitamien C (sitrusvrugte en tamaties) en vitamien D (salm, sardientjies, haring, makriel en eiers).
“Ons sien beslis ’n tendens,” sê Giancarlos La Rocca, die wêreldwye kategoriebestuurder van Tetra Pak se bemarkingspan in Modena, Italië. Produkte wat die immuniteit versterk, val in twee kategorieë. “Die eerste fokus op voeding en bestanddele. Hier praat ons van voedingstowwe soos vitamiene en probiotika wat ’n direkte positiewe uitwerking op die immuunstelsel kan hê.
Die tweede kategorie is meer holisties: produkte wat jou algehele welstand kan verbeter deur jou…