Nadat sy ’n jaar in haar woonstel in Manhattan, New York, ingeperk was, het ons Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, oor die feestyd tyd saam met haar gesin op haar Oos-Kaapse tuisdorp, Tsolo, deurgebring. “Ek was vir ’n kort rukkie in Suid-Afrika. Ek moes eers afsonder, want dis die verantwoordelike ding om te doen as jy gereis het,” sê Zozi. “Familie is my alles. Wanneer ons bymekaarkom, is dit altyd ’n goeie tyd. Die afgelope jaar was vir almal moeilik. Mense het geliefdes verloor, en dit het my geleer om die mense na aan my hart te koester en elke sekonde saam met hulle te laat tel.”
Zozi was ook in Oos-Londen en die Kaapstad-omgewing.
BENE VIR AFRIKA
“Ek is net hier om (’n foto) van my bene te deel!” het…