FRANCOIS JACOBS
Die akteur wat Sampie de Klerk in Huisgenoot se eerste fliek, Vir die voëls, gespeel het, was by die Innibos Kunstefees toe ’n aanhanger hom probeer “ontvoer”. “Ek was tussen die stalletjies saam met mense toe iemand my uit die bloute optel, oor sy skouer gooi en begin hardloop. Ek was heel opgewonde, maar hy het nie ophou hardloop nie,” vertel Francois. “Ek vra toe waarheen nou, en hy sê toe wat sy naam is en hy weet ek is Sampie. Hy sit my toe voor sy meisie, Annatjie, neer, en sê toe vir haar: ‘Wel, daar het jy dit, Liefie, Sampie in lewende lywe.’ ” Die “ontvoerder” vra Francois toe om sy meisie daarvan te oortuig dat ses maande hopeloos te lank is voor hulle kan trou.…