BIERTJIES
CORNÉ PRETORIUS, DIE HEUWELS FANTASTIES & AMPIE
Corné het sy loopbaan verlede jaar met die uitreiking van sommer drie enkelsnitte afgeskop. Musiekliefhebbers was dadelik gaande oor hom, want al drie was radiotreffers, terwyl die musiekvideo’s van dié snitte reeds gesamentlik sowat 128 000 trefslae ingeoes het.
Nou is Corné se eerste kortspeler, Biertjies, hier. Dit bevat sy vorige drie treffers, “Vuur en vlam”, “Vergewe my” en “Halfvol”, asook sy nuwe liedjie, “Biertjies”.
Op dié snit deel hy die ateljee met Die Heuwels Fantasties en Ampie. Dit is lighartig, plesierig en prettig. Miskien net die regte partytjiedoepa ná ’n rowwe 2020 en ’n troostelose Januariemaand ná strenger inperkingsmaatreëls einde Desember weer ingestel is. Dié is intussen verslap en nou mag daai biertjies wettig in jou yskas staan!
“Daar is tans…
