DIEREMANIERE
Die onderwyseres toets die kinders se kennis.
“Ruan, watter geluid maak ’n koei?”“Moe!” antwoord Ruan.“Lisa, watter geluid maak ’n kat?”“Miaau!” antwoord sy.“Lexi, watter geluid maak ’n muis?”“Kliek!” JOHANNA, BRAKPAN
DUUR LES
Landdros: “Die man se beursie was in sy broeksak. Hoe op aarde het jy dit reggekry om dit te steel?”
Beskuldigde: “Wag, wag, Edelagbare. Ek vra gewoonlik R100 per les.”
JOHAN H, GONUBIE
ONSKULDIG
Die verkeersbeampte keer die motoris by ’n padblokkade voor en sien hy knyp ’n groot bierbeker vol drank tussen sy knieë vas.
“Meneer, jy drink en bestuur tog nie?” vra die spietkop geskok.
“Nee, glad nie,” sê die man, “nie terwyl ek bestuur nie. Ek vat net groot slukke by die stopstraat.”
JACQUES LOUW, LYDENBURG
GROOT VERLANGE
My uitgaanklere het my tydens die inperking…