SWAAR STRAF
Seun: “Ma, ons onderwyser het gister vir Neels huis toe gestuur omdat hy nie gebad het nie.”
Ma: “En het dit gehelp?”
Seun: “Ja, baie. Vandag het niemand gebad nie.”
SPOOKHUIS
“Ek hoor hulle sê in hierdie huis spook dit,” merk ’n besoeker aan ’n skouhuis op.
“Dis vreemd,” kom die antwoord, “ek bly al 150 jaar hier en het nog niks agtergekom nie.”
VOSSIE, PRETORIA
GOEIE VOORNEME
Elke keer wanneer ek probeer om gesond te eet, kom Kersfees, Nuwejaar, Paasfees, winter, Vrydag, Woensdag, Maandag, Donderdag, Dinsdag of die naweek en ruïneer dit.
DENISE, PRETORIA
KWADE DAG
Ek hoop nie pres. Ramaphosa kondig een aand aan ons kan maar ophou maskers dra nie.
Want dan moet ons weer ons tande insit en lipstiffie dra.
GROMPOT, DURBANVILLE
GEVAARLIKE KOORSPEN…