DANKIE, PA!
Die sangeres (24) is gebore as Roseanne Park in Auckland, Nieu-Seeland, en het in Australië grootgeword. Haar prokureur-pa, Mason, is die een wat haar aangemoedig het om vir ’n oudisie vir Blackpink te gaan. “Ek was net ’n lomp, verlore 16-jarige meisie,” onthou sy.
“My pa het vir my gesê hy sien ek is lief vir musiek en hy wou nie hê ek moet spyt wees as ek ouer is en ek het nie my musiekdrome nagejaag nie.” Sy en haar groep, Blackpink, het sedertdien musiekgeskiedenis gemaak. Hul album van 2020, The Album, was die eerste een deur ’n Koreaanse vrouegroep wat meer as 1 miljoen albums verkoop het. Hulle is tans die vrouegroep met die meeste followers op Spotify, en hul musiekvideo’s kry groot aftrek op YouTube.…
