DIEP SPOOR Deur JEANETTE STALS (Penguin, R239*)
Wat hierdie roman, wat rondom die tyd van die Groot Trek afspeel, uniek maak, is dat die drie vroulike hoofkarakters onderskeidelik wit, bruin en swart is. Jeanette Stals, die skrywer van Diep spoor, sê sy weet nie van ’n soortgelyke historiese roman waar die hoofkarakters drie van die kultuurgroepe in Suid-Afrika verteenwoordig nie. Sy vertel meer oor Katrien, Dina en Thabisa:
“Katrien is ’n fynbesnaarde wit meisie wat taamlik beskermd grootword en as kind skilderlesse by haar peetma kry. Sy trou met Gerrit, ’n onderwyser, en hulle het ’n seuntjie, Fransie. Terwyl sy haar tweede kind verwag, sterf Gerrit in ’n fratsongeluk, en sy verloor ook haar ongebore baba. Sy ontmoet vir Stefaans du Toit, ’n dinamiese boer uit die Oos-Kaap, en verhuis…
