BUL
20 APR – 20 MEI
Wees dié week vrygewig met jou hart en beursie, veral as jy ’n geliefde moet paai of vir ’n onlangse hartseer moet troos. Jou op trede sal nie ongesiens verbygaan nie, maar hou in gedagte dat geld alleen nie alles kan regmaak nie. Met jou planeet, Venus, wat die lighartige Tweeling betree, kan jy dalk ervaar dat hierdie stemming jou huidige gemoed lig. Met kommunikasie wat verbeter, het jy nie ’n verskoning nodig om met ander in verbinding te tree nie.
GELUKKIGE NOMMERS 52, 38, 35, 24, 34, 16
TWEELING
21 MEI – 20 JUN
Met die sjarmante Venus, die planeet van liefde en verhoudings, wat dié week jou teken betree, is daar ’n goeie kans dat jy meer as net ’n paar bewonderende…
