TWEELING
21 MEI – 20 JUNIE
Jy is vandeesweek in jou element met dié dat jou planeet, Mercurius, en die grasieuse Venus in jou eie teken in lyn is. Smee die yster terwyl dit nog warm is, want jou sjarme is vandeesweek nogal dodelik. Jou aantrekkingskrag is onweerstaanbaar, veral wat sake van die hart betref. Daarmee saam is jou geldmaakvermoëns ook glad nie te sleg nie en jy sal ’n goeie en positiewe indruk maak as jy hierdie week vir ’n werkonderhoud bestem is.
GELUKKIGE NOMMERS 18, 47, 15, 45, 4, 7
KREEF
21 JUN – 21 JUL
Met dié dat die liefdesdiva, Venus, vandeesweek by Mars in jou teken aansluit, het jy die aandag van albei verhoudingsplanete. Dit sal net natuurlik wees om sake van die hart te prioritiseer,…
