TOE die gesin die dag die wêreld invaar, was dit met vier tasse, vier rugsakke, ’n stootwaentjie en ’n rolstoel. Want al leef een van die Strydoms met ’n gestremdheid, het die gesin nie toegelaat dat dit hulle op enige manier inperk nie.
Die afgelope paar jare het hulle ’n stralerjakkerleefstyl waarvan die meeste mense net kan droom: Hulle het al in Frankryk, België, Luxemburg, Ierland, Amerika en Mauritius gewoon.
Gesinsuitstappies en doendinge? Hondeslee, basketbal en yshokkie in vreemde lande. En almal neem deel.
Jare gelede was daar vir Tertius en Annél Strydom geen teken dat hul lewe enigiets anders as doodgewoon sou wees nie. Die twee het mekaar ontmoet op die dorp Modjadjiskloof in Limpopo, waar albei destyds gewerk het, en die lewe het sy voorspelbare gang geneem.
Maar…