Die rolprentmaker Sean Else en sy vrou, Carla, het onlangs ’n fotosessie saam met hul drie maande oue babaseuntjie, Levi Alexander, gehad, en die skattige kleinman vermurwe omtrent harte.
Die egpaar is die ouers van nog vier seuns, Caylem (16), Vaughn (15), Daniel (7) en Noah (6).
“Oor hy definitief ons laaste babatjie is, wou ek graag alles probeer inneem en geniet. Al die boeties was dadelik verlief toe hulle hom sien en kon nie genoeg kry nie,” sê Carla.
Klein Daniel het twee jaar lank vir ’n boetie gebid. “Een oggend drieuur het Levi gehuil, toe kom Daniel in die kamer en vra hoe hy kan help. Dog ek vreet hom op,” koer Carla. Levi is baie anders as sy boeties. “Hierdie outjie hou baie van gesels en is…
