DIE rolprentlegende JOHN TRAVOLTA het onlangs die nuus gedeel dat sy 21-jarige dogter, ELLA BLEU TRAVOLTA, haar silwerdoekdebuut in ’n hoofrol gaan maak.
Ella, wat in haar rolprentkostuum op die foto op haar pa se Instagramblad was, gaan Alice speel in ’n fliek getiteld Get Lost, ’n moderne weergawe van Alice in Wonderland.
“Ek is ’n baie trotse pa!” het die 67-jarige akteur op Instagram gesê.
Ella het in ’n video op die sosialemedia-platform gesê sy is in Boedapest, Hongarye, waar sy besig is met verfilming, en is baie opgewonde daaroor.
“Ek voel so geëerd en gelukkig om hierdie avontuur te begin met so ’n wonderlike projek en so ’n ongelooflike span akteurs en kameraspan. Hou dié ruimte dop,” het sy gesê.
Ella, wie se ma, KELLY PRESTON, verlede jaar…