ELANA AFRIKA-BREDENKAMP
Die TV-aanbieder en haar man, Ian, se dogter ESTHER BETH is vanjaar in graad 1.
Esther was opgewonde en dit het goed verloop. “Ian was by, so my mamma-hart het my trane teruggehou, want my kind het vir my gekyk en sy het nie gehuil nie. Sy was baie dapper; toe ek in die kar klim, het ek ’n traan gepink.”
NICOLE CAPPER
Die oud-Mev. SA sê haar dogter, TATUM, het haar altesaam ses drukkies gegee voor sy haar gelos het om by die skool in te hardloop. Nicole, ook ma vir JOSH (10), sê sy het omgedraai en in trane uitgebars. “Ek was so trots op haar,” sê Nicole.
APPEL
Die sanger en sy vrou, Sally-Ann Kotzé, se dogter, LUNA, is ook nou in die skoolbanke. “Luna…
