IN Suider-Afrika is daar meer as 170 verskillende slangspesies en wêreldwyd byna 4 000. Slange (in die suborde Serpentes) is deel van byna 12 000 soorte reptiele op aarde. Reptiele word in vier ordes verdeel, naamlik Crocodilia (krokodilagtiges), Chelonia (skilpaaie), Rhynchocephalia (tuatara-akkedisse) en Squamata (slange en akkedisse).
WAT IS ’N SLANG?
Slange, wat karnivore (vleiseters) is, is reptiele sonder ledemate en kom in alle kleure, soorte en lengtes en op al die vastelande behalwe Antarktika voor. Hulle woon in berge, gate, bome, miershope, onder klippe en selfs tot 150 m onder die see.
Hulle kan baie klein en onskadelik wees, soos erdslangetjies, wat dun en klein is en van miere en termiete leef, of die soort waarvan Hollywood flieks maak, soos die reuse-anakondas wat gemiddeld tussen 5 en 6 m…