ONS vel se beskermende buitelaag kry dikwels nie die aandag wat dit verdien nie. Dit is immers bitter belangrik om dit gesond te hou as jy ’n veerkragtige, gesonde en vlekkelose vel wil hê. Maar as jou vel rooi, blink, seer, gedurig droog, ongemaklik of jeukerig raak, is die beskermende buitelaag dalk beskadig en kort dit ’n bietjie liefdevolle aandag. Wat is dit, hoekom gebeur dit en hoe stel jy dit reg? Ons het by kenners gaan kers opsteek oor hoe om die pantser te versterk.
WAT IS JOU VEL SE BESKERMENDE BUITELAAG?
Die vel se beskermende buitelaag, of stratum corneum, is die buitenste laag dooie velselle en die boonste laag van die epidermis. Dit beskut die vel: Dit hou eksterne aggressors soos hitte, besoedeling, sepe, chemikalieë en irritante uit en…