REINIG, afskilfer, behandel, maskers, hidreer, bevog, beskerm; kom ons wees nou maar eerlik, wanneer dit by ons daaglikse velsorgroetine kom, vertroetel die meeste van ons ons gesigte met roetines wat uit talle stappe bestaan. Maar ons is geneig om die res van die liggaam af te skeep. Die vel is die liggaam se grootste orgaan en verdien om ook bederf te word, maar aangesien dit dikker as gesigvel is, toon dit nie so vinnig tekens van veroudering nie. Die resultaat? Ons is geneig om te vergeet dat dit dieselfde vertroeteling vereis voor simptome soos droë hande, rug-aknee of borsplooie begin opduik. As jou bestaande velsorgroetine steeds bestaan uit was met seep en af en toe lyfroom gebruik, is dit tyd vir verbetering wat die gesondheid en voorkoms van jou vel…
