‘DIS ’n sonnige dag en Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd sit lekker in die Babbelboomhuis.
“Waar draai Bibi?” vra Palawa.
“Wil ek ook weet! Ek sien ons het ’n nuwe videoboodskap, en ek is vrek nuuskierig,” sê Paloeka.
“Hier is ek! Ek kom, ek kom!” sê Bibi, wat pas by die boomhuis se deur ingekom het.
“Ek het gou my ma met ’n paar huistake gehelp,” sê Bibi en sit die televisieskerm aan.
“Ons is so bly jy is hier, Bibi, want ons brand van nuuskierigheid oor die vraag van die dag,” sê Paloeka.
“Nou ja, kom ons hoor wat die vraag is,” sê Bibi.
“Ja, ja, speel hom, voor ek nog ’n eiertjie te lê het,” sê Palawa.
“Wag! Wat? Wat het jy nou net gesê? Kan…