RYS-en-MURGPAMPOENTJIEkoekies
BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 60 MIN. / LEWER 8-12 KOEKIES
◗ 4 k gaar rys, afgekoel◗ 2 k gerasperde◗ murgpampoentjies◗ 125 g maaskaas◗ 2 sprietuie, gekap◗ 2 eiers◗ 30 g vars kruie◗ (pietersielie, grasuie, koljander, dille), fyngekap◗ sout en peper, na smaak◗ olyfolie, vir braai
1 Meng die rys, murgpampoentjies, maaskaas, sprietuie, eiers, vars kruie en sout en peper in ’n groot bak.
2 Verhit ’n groot pan oor matige hitte en voeg die olyfolie in. Skep lepels van die mengsel in die pan en braai tot goudbruin weerskante. Moenie die koekies omdraai voor dit goudkleurig en bros aan die eerste kant is nie (sowat 3 min.) – anders kan dit uitmekaarbreek.
WENK
As jy iets in olie braai, sit altyd die olie in ’n reeds warm pan.…