Griekse PITABRAAI-BROODJIES met GEURIGE MENT-FRIKKADELLE
GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.
FRIKKADELLE
◗ 500 g maer beesmaalvleis◗ 1 ui, gerasper◗ 2 knoffelhuisies, fyngekap◗ 60 ml (¼ k) hawermout◗ 1 eier, geklits◗ 1 takkie vars ment, blare van die stingel afgebreek en fyngekap◗ sout en vars gemaalde peper, na smaak◗ fyngerasperde skil van 1 suurlemoen◗ ’n bietjie olie, vir braai
BRAAIBROODJIES
◗ 4 pitabrode, oopgesny◗ botter, vir smeer◗ 1 rooi-ui, in ringe gesny◗ 30 ml (2 e) vars origanum, gekap◗ 4 knoffelhuisies, fyngekap◗ 1 wiel fetakaas, gekrummel◗ 100 g mozzarellakaas, gerasper◗ 12 kersietamaties, gehalveer◗ 12 ontpitte olywe, grofgekap
Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en sit ’n staander in die kole. Hou ’n toeknyprooster naby.
1 Frikkadelle Meng alles behalwe die olie goed,…
