JY WERK jou lewe lank hard, en ’n bietjie afslag is nie te versmaai nie.
Ons het by 10 winkelgroepe en diensverskaffers aangeklop om te hoor wat hulle aan mense van 60 en ouer bied. Geniet dit!
1 MAKRO
Met ’n mSeniors-kaart kry jy tot 10%-afslag op algemene handelsware en 5% op kos soos vrugte, groente en slaghuisprodukte. Dit geld nie vir aanlyn kopies en produkte op promosie nie.
Ander uitsluitings is alkohol, swembadchemikalieë, selfoonprodukte (ook lugtyd), tabakprodukte, motorolie, fotostaatpapier, LP-gas, geskenkbewyse vir iTunes, Google Play-winkelkaarte, geskenkbewyse vir Makro en finansiële dienste.
◼ Wat het jy nodig?
Registreer by klantediens vir die mSeniors-kaart. Wys dan jou ID en mSeniors-kaart.
2 BUILDERS
Woensdae kry jy 10%-afslag op gespesifiseerde aankope.
Dulux, Duram en HTH is uitgesluit, asook groot toestelle, lugversorging, elektriese kabels, sement,…
