Wanneer my kinders in sand speel, sal dit hul immuniteit versterk?
Ja, sê prof. William Horsnell, immunoloog van Kaapstad, dit is wel die geval dat sekere bakterieë, fungi, patogene en virusse waarmee kinders in kontak kom as hulle buite speel hul immuniteit verhoog. Blootstelling aan dié dinge kan selfs die risiko verlaag dat jou kind later jare allergieë daarvoor sal ontwikkel.
Prof. Gerhard Walzl, biomedikus van Stellenbosch, maan dat ’n mens ’n gesonde balans moet handhaaf. As jou kind nooit aan kieme blootgestel word nie, kan hul immuniteit nooit leer hoe om dié dinge te beveg nie. Maar as jy hulle aan te veel kieme blootstel, kan dit hul immuunstelsel oorweldig. Laat hulle buite speel, maar leer hulle om dinge te vermy wat regtig erg vol kieme is, soos vuil…