IS DAAR ’n mooier plek as die Maledives om jou agtste huweliksherdenking te vier? En die voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika ADRIAAN BERGH en MELINDA BAM se vakansie hier het ’n dubbele doel gedien.
Die glanspaar het in Oktober aangekondig sy is swanger met hul eersteling, en het daar uitgespan en herlaai voor die baba se koms in Maart volgende jaar.
“Die afgelope agt jaar was ’n droom,” skryf Melinda op Instagram. “Ons het lugkastele gebou, drome gejaag, baie van daardie kastele met sweet en bakstene gebou, avonture gehad wat ons asem weggeslaan het, gewaag en gewen, gelag en gespeel, gebid en geglo, gehuil en vertrou, ge- droom en gewerk, liefgehad en beskerm, God gesoek en op Sy woord gestaan. En steeds glo ek, weet ek, sonder ’n twyfel binne…
