HUL VERHALE
1. ARNOLD VOSLOO
+ Naam Arnold Vosloo + Gebore 16 Junie 1962 + Geboorteplek Pretoria, Gauteng + Woonplek Kalifornië, Amerika + Bekend as akteur, veral in die titelrol in die Hollywood-treffers The Mummy en The Mummy Returns. Hy het in omtrent 40 meestal Amerikaanse flieks gespeel. In SA is hy bekend vir die Boetieflieks van die 1980's en meer onlangs Griekwastad en Silverton Siege. 2. EMBETH DAVIDTZ
+ Naam Embeth Jean Davidtz + Gebore 11 Augustus 1965 + Geboorteplek Lafayette, Amerika; grootgeword in Potchefstroom, Noordwes en Pretoria, Gauteng + Woonplek Kalifornië, Amerika + Bekend as aktrise. Die bekende regisseur Steven Spielberg het haar in die SA fliek Nag van die Negentiende raakgesien en haar'n belangrike rol in Schindler's List aangebied, 'n fliek wat uiteindelik vyf Oscars gewen en waarin sy saam met sterre soos Liam Neeson,…
