‘SEWE-en-neëntig, agt-en-neëntig, nege-en-neëntig,” tel Paloeka die leeu hardop. Hy kyk hoe sy kameelperd-vriendin, Palawa, in die Babbelboomhuis met ’n gewig oefen.
“Jy kan dit doen. Komaan, jy kan dit doen, Palawa,” sê hy.
“Eenhonderd,” sê Paloeka opgewonde.
Palawa vryf met ’n handdoek oor haar voorkop. Sy sit die gewig op die tafel neer.
“Sjoe,” sug sy uitasem. “Die sweet tap my af.”
“Dis ’n nuwe rekord,” sê Paloeka met groot oë.
Hulle vriendin, Bibi, klap haar hande saam. “Welgedaan, Palawa. Jy kan baie trots wees.”
Palawa glimlag. “Kyk Bibi, ek is dalk nie die fiksste kameelperd nie, maar ek is darem ’n bok vir sports,” sê sy en vat ’n sluk water.
Paloeka kyk op. “Hoekom sê jy jy is ’n bok? Dis mos nie waar nie. Jy is ’n…