Wie onthou die groot, pers dinosourus wat in die 1990’s al wat ’n kind is, geleer het om I love you, you love me te sing? Jip, hy’s een van die dae terug in ’n nuwe reeks, en sy destydse gewilde reeks, Barney & Friends, is nou op Showmax beskikbaar. En as jy destyds te jonk was om Barney te leer ken, is dit nou jou kans. Mattel, die eienaars van Barbie, werk aan ’n nuwe televisiereeks, fliek en YouTube-inhoud oor die dino wat onder miljoene kinders geliefd was, maar sommige volwassenes die aapstuipe gegee het. En natuurlik gaan daar ook Barney-speelgoed en-klere wees. Die geanimeerde TV-reeks maak volgende jaar sy debuut. “Die reeks is ontwerp vir voorskoolse kinders en sal die pers dinosourus en vriende aan nuwe gehore voorstel,”…
