HAAR pa se beroemde lirieke you’re once, twice, three times a lady was heel gepas toe SOFIA RICHIE onlangs in ’n sprokiestroue met die musiekbaas ELLIOT GRAINGE in Frankryk in die eg verbind is.
Want die beeldskone bruid het nie een nie, nie twee nie, maar drie trourokke deur Chanel gedra, elkeen ’n fortuin werd. Die bruidegom het ’n swart aandpak en strikdas gedra waar hy langs sy pa, Lucian Grainge, die uitvoerende hoof van Universal Music, en sy stiefma, Caroline Grainge, staan en wag het op sy bruid.
Sofia (24) se pa, die musiekleende Lionel Richie, het haar kansel toe vergesel by die luukse Hotel du Cap-Eden-Roc in die Franse Riviera waar haar seremonie gehou is. Sofia en Elliot, wat die onafhanklike platemaatskappy 10K Projects besit, ken mekaar al…
